Patente

Kan jy jou idee patenteer? Die eerste vraag om te vra is: “Kan jy, sonder om enige iets oor jou produk of die gebruik daarvan te verduidelik, na ‘n kenmerk of eienskap verwys wat nuut is?”

“Nuut” beteken dat die kenmerk of eienskap nog nooit vantevore beskryf of geteken was op enige manier, of enige plek in die wêreld nie. Byvoorbeeld: verbeel jou jy het ‘n werkskoen ontwerp vir myners, met ‘n staal plaat in die hak. As jy na die plaat verwys, sal dit jou dalk herinder aan ‘n klopdans skoen. As ek ‘n klopdans skoen vind met ‘n soortgelyke plaat, is die kenmerk of eienskap nie “nuut” nie. Of myners dans of nie, is nie van toepassing in die geval nie. Moet egter nie hier opgee nie. Die volgende stap is om te kyk hoekom die plaat in die klopdans skoen nie geskik is vir jou doeleindes nie – die veranderings benodig vir die werkskoen en plaat kan dalk “nuut” en patenteerbaar wees.

Om te begin moet jy op die regte pad kom deur jou idee aan ‘n deskundige voor te stel. Ons gaan elke dag meer as vyf idees na en omdat ons patent prokureurs is, kan jy vrylik jou uitvinding aan ons oorvertel – die patente akte vereis dat ons alle inligting vertroulik hou. Hierdie stap filtreer gewoonlik 90% van alle idees uit omdat hulle nie patenteerbaar is nie.

Daarna is dit nodig om ‘n patent soektog te voltooi. Jy kan dit self doen deur ons databasis en sagteware op ons webblad te gebruik, of jy kan ons aanstel om ‘n professionele patent soektog verslag op te stel vir R4,950.

Slegs daarna is jy gereed om ‘n provinsiale patent voor te berei. Om voorlopige patente te registreer kos R5 950 (belasting op toegevoegde waarde (VAT) uitgesluit) en verseker jou reg om patente wêreldwyd te registreer vir een jaar. Jy kan hierna vrylik jou idees aan ander mense oordra, jou produk bemark, maak en verkoop.

Die proses van jou idee te bespreek, die patent soektog op te stel en om ‘n voorlopige patent te registreer duur gewoonlik tussen twee en drie weke. All wat nodig is om te begin is om ons te bel of ‘n e-pos te stuur wat die kenmerke of eienskappe van die uitvinding puntsgewys beskryf (met ‘n skets as dit beskikbaar is). As jou idee nie patenteerbaar is nie sal ons geen onkostes eis nie.

Latest Specials
  • Patent Pending Number

    Only $199

    See More
  • Save up to 70% on renewal fees

    Save up to 70% on patent renewal fees / annuities by paying them online

    Renew Patent
  • Online SA design filing

    Only $299

    See More
  • Register provisional patent

    R9,950 + vat

    Find Out More
  • Patent search

    R4,950 + vat

    Find Out More
  • Register a Trademark in South Africa

    R3,450 + vat

    Find Out More
  • Trademark search

    R2,500 + vat

    Learn More
  • Online SA trademark filing

    Only $199

    See More

Get started with the patent process

Get in touch

Contact us

Intangible Consulting (Pty) Ltd.
9 Kruger St
Oaklands
Johannesburg
South Africa

T +27 (0)11 483 1439
T +27 (0)11 483 3128 (alt.)
C +27 (0)83 233 4582
F +27 (0)86 627 0055
info@ideanav.co.za